VF Plus betreur brand in die parlement

2022-01-02
Dr Pieter Groenewald

Die VF Plus betreur die brand wat in die parlementsgeboue uitgebreek het.

Die brand by die parlement moet nie net gesien word asof dit ʼn plek is waar parlementslede vergader en debatte voer nie.

Die parlementêre kompleks huisves ʼn ryke geskiedenis in terme van geskrifte, skilderye, dokumente en vele meer.

Die biblioteek is ʼn nasionale skatkis van Suid-Afrika se geskiedenis. Sou dit verwoes word in die brand is dit ʼn geweldige verlies.

Die VF Plus sal later ʼn volledige verklaring uitreik wanneer meer duidelikheid oor die oorsaak en skade van die brand beskikbaar is.

 

 

DrPieterGroenewaldParlementBrand#Parliament

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!