Transito- en gewapende rooftogte in Gauteng neem toe weens polisie se tekort aan wapens, ammunisie en opleiding

2020-03-05
Kobus Hoffman

Die toename aan transitorooftogte in Gauteng kan toegeskryf word aan die polisie se tekort aan wapens, ammunisie en opleiding in dié provinsie.

Sedert die begin van die jaar is 26 transitorooftogte in Gauteng aangemeld en veral in die bekamping van dié soort rooftogte is die ondersteuning van die polisie se lugvleuel uiters belangrik.

Dit is dus onrusbarend dat die huidige Gautengse provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, in sy vorige portefeulje as hoof van die polisie se operasionele reaksiediens, wat gespesialiseerde eenhede insluit, ‘n aandeel gehad het in die afskaal van die polisie se lugvleuel.

Kommissaris Mawele pluk nou die vrugte van die ondeurdagte besluit.

Die privaatsektor wat reeds weens ‘n ekonomiese insinking onder finansiële druk is, is telkens die slagoffer van swaar gewapende rowers.

Die VF Plus gaan eersdaags vergader met die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, om die polisie se lugvleuel tot sy volle vermoë te herstel.


Kontaknommer: 071 640 7283

KobusHoffmanGautengPolisieTransitorooftogte

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!