Totalsports se onttrekking van Etzebeth-materiaal ten sterkste veroordeel

2019-10-29
Heloïse Denner

Die VF Plus is van mening dat Totalsports ‘n ernstige oordeelsfout begaan het deur staanplakkate en reklame met die Springbokslot Eben Etzebeth se beeld daarop, uit sy winkels te verwyder.

Totalsports het, soos die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK), die fout begaan om sodoende die indruk te skep dat Etzebeth reeds skuldig bevind is aan die aantygings van rassisme wat teen hom gemaak is.

Etzebeth is nog nie die geleentheid gegun om homself teen die aantygings te verdedig nie. Hy het die reg om homself te verdedig en is onskuldig totdat anders bevind word.

Totalsports se optrede wek die indruk dat hy skuldig is en dat die winkelgroep nie met hom geassosieer kan word nie. Dit is nie net onpatrioties nie, maar vuur ook die alewige rasretoriek aan wat verdeling saai.

Totalsports skuld Etzebeth en die Suid-Afrikaanse publiek ‘n verskoning vir sy ondeurdagte optrede.

 

Kontaknommer: 072 997 8315

 

HeloïseJordaanSportEbenEtzebethTotalsportsRugbywêreldbeker

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!