Tender vir Zuma-standbeeld teruggetrek

2017-03-29
Mnr. Michal Groenewald

Die Noordwes-regering het die tender om ‘n standbeeld van pres. Jacob Zuma op te rig, teruggetrek en om verskoning gevra vir enige ongerief wat veroorsaak is vir diégene wat deelgeneem het aan die tenderproses, sê Michal Groenewald, leier van die VF Plus in Nooordwes.

Groenewald sê die werklikheid is dat geen tender-aansoek ontvang is nie, en is dit bevestig deur die enkelsweep van die ANC.

“Die Vryheidsfront Plus is van menig dat dit ‘n duidelike voorbeeld is van verandering in die politieke omgewing waar kiesers Zuma nie meer wil ondersteun nie.

“Niemand is eens gewillig om ‘n standbeeld van pres. Zuma te vervaardig nie en dit is duidelik dat die kiesers eerder wil sien dat die geld na dienslewering gaan as om Zuma se beeld te poets,” sê Groenewald.

 

Kontaknommers: 079 409 8342


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!