Swak dienslewering in Limpopo se staatshospitale hou lewensgevaar vir pasiënte in

2020-01-16
Marcelle Maritz

Dit is kommerwekkend dat vele navrae van die VF Plus aan dr. Phopi Ramathuba, die Limpopo se LUR vir gesondheid, geïgnoreer word.

Die VF Plus het verskeie klagte van gemeenskapslede in die provinsie ontvang oor dienslewering in staatshospitale. Na aanleiding van die klagtes het VF Plus vroeg in Desember ʼn dringende vergadering met Ramathuba versoek. Tot op hede was daar nog geen antwoord nie.

Die LUR se onaanvaarbare gedrag is volgens die VF Plus tekenend van die swak dienslewering in die provinsie se hospitale. Van die klagte wat ontvang is, is ernstige en stel menselewens in gevaar. Die VF Plus het weer in ‘n skrywe aan die LUR ‘n dringende vergadering aangevra.


Kontaknommer: 066 024 4623

GesondheidMarcelleMaritzLimpopoStaatshospitale

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!