Smokkel van dwelms deur OR Tambo-lughawe kommerwekkend

2020-02-12
Kobus Hoffman

Die VF Plus in Gauteng is bekommerd oor die veiligheid- en sekuriteitsmaatreëls by die OR Tambo-lughawe in Johannesburg. 

Gedurende ‘n inligtingsessie by die OR Tambo-lughawe van die nie-winsgewende maatskappy "Locked up in a foreign country", is aangedui dat 20% van alle dwelmmuile wat in 2018 op die Hong Kong-lughawe in hegtenis geneem is, vanaf die OR Tambo-lughawe vertrek het.

'n Verdere honderd manlike dwelmmuile wat sedert 2017 in Mauritius in aanhouding is, het glo ook vanaf OR Tambo-lughawe vertrek. Kokaïne is die gewildste dwelm wat uitgesmokkel word.

Daar is sowat 800 Suid-Afrikaners in buitelandse gevangenisse wat na bewering skuldig is aan dwelmhandel.

Die VF Plus gaan die saak dringend met die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, bespreek en vra dat die aangeleentheid verder ondersoek word.

Die party gaan ook vra vir ‘n ondersoek na die personeel van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat na bewering betrokke is by die smokkel van dwelms.

 

Kontaknommer: 071 640 7283

KobusHoffmanORTamboLughaweDwelmmuile

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!