Samewerking tussen private ondernemings, veiligheidstrukture van boere en die polisie kan groot voordele inhou

2020-01-16
Marcelle Maritz

Boere in Limpopo en die res van Suid-Afrika leef in tye van politieke onsekerheid en geweld en die VF Plus kan nie genoeg klem daarop lê dat boere betrokke moet raak en aansluit by die veiligheidstrukture in hul omgewing en saamwerk met die polisie nie.

Dit sou voordelig wees indien die polisie ‘n spesiale eenheid op die been bring wat hom toespits op plaasaanvalle, vee- en wilddiefstal en om saam met boere en ander veiligheidsinstansies te werk om misdaad te bekamp.

ʼn Voorbeeld van suksesvolle samewerking is dié van die Heritage Protection Group (HPG) wat hom toespits op die voorkoming van plaasaanvalle, vee- en wilddiefstal. HPG het onlangs ʼn groot rol gespeel in die inhegtenisneming van 'n verdagte rakende die aanval op dr. Hercu en mev. Lesley van Niekerk, ‘n afgetrede veeartspaar, in Junie 2018.

HPG en die polisie se speurdiens op Nylstroom het die verdagte vandeesweek (Maandag, 13 Januarie) in hegtenis geneem op Naboomspruit. ‘n Tweede verdagte is nog voortvlugtig. Die deurbraak dien as bewys dat samewerking wel positiewe gevolge kan hê.


Kontaknommer: 066 024 4623

MarcelleMaritzLimpopoPlaasaanvalle

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!