Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Regulasies oor jagbedryf getuig van onkunde

Die regulasies wat uitgereik is deur die minister van omgewingsake, bosbou en visserye, Barbara Creecy, wat van toepassing is op die jagbedryf waar mense nie oor provinsiale grense mag beweeg of in die jagveld mag oornag nie, getuig van haar onkunde oor hoe dié bedryf funksioneer.

Dit is haas onmoontlik om te gaan jag sonder om oor provinsiale grense te beweeg of om nie in die jagveld te oornag nie. Hierdie regulasies gaan die wildbedryf op sy knieë dwing en gaan talle bankrotskappe tot gevolg hê.

Hierdie is nog ‘n voorbeeld van die absurde regulasies van die regering wat geen begrip het oor hoe die ekonomie of in hierdie geval die jagbedryf, funksioneer nie.

Indien gekyk word na hierdie regulasie, wil dit voorkom asof Suid-Afrika effektiewelik terug is op inperkingsvlak vier en nie op ‘n gevorderde vlak drie nie, veral wanneer die aandklokreël ook in aanmerking geneem word.

Die VF Plus se hersieningsaansoek in die Noord-Gautengse hooggeregshof oor die geldigheid van sekere inperkingsregulasies gaan intussen voort. Die regering moet in hierdie aansoek die rekord van redes vir sy besluitneming in verband met die grendelstaat, inperkings en die vlakke daarvan verskaf.

Die VF Plus gaan voort met die saak weens die irrasionele aard van baie van die regulasies en omdat baie van die regulasies nie werklik verband hou met die doelwit om die verspreiding van Covid-19 te beperk nie.

Suid-Afrika se mense kan nie meer irrasionele en absurde regulasies van ‘n totaal onbevoegde regering, wat nie weet hoe die ekonomie in die praktyk funksioneer, goedsmoeds aanvaar nie.

Navrae: 083 627 4397 / 065 801 7216

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.