Regering mag nie slaag om selfhaat aan te wakker

2019-09-12
Dr. Wynand Boshoff

Malcolm X, die grondlegger van die Swart Bewussynsbeweging in Amerika, het op ʼn keer sy gehoor gevra wie hulle geleer het om hulself te haat. Hy was reg, want selfhaat is nie net afbrekend nie, maar ook onnatuurlik.

Die taalbeleid aan voorheen Afrikaanse universiteite spreek nie van transformasie of selfs net nasiebou nie, dit is kulturele onderdrukking.

Die Universiteit van Pretoria is 'n goeie voorbeeld hiervan. Pretoria is 'n stad met sowat 'n miljoen Afrikaanssprekendes. Tog mag daar sedert die begin van 2019 geen lesings in Afrikaans aangebied word nie.

Tuks Res, wat koshuise bestuur, verbied ook die gebruik van Afrikaans in enige vergadering, byeenkoms, aankondiging of kennisgewing.

Dit bring die VF Plus by die vraag wat dikwels in die wandelgange gevra word: Wat is die doel met Orania?

Die antwoord is drieledig:

Dit skep 'n nuwe verwysingspunt vir Afrikaners, bestry die skade van kulturele onderdrukking en leer die selfhaat af wat die huidige regering onder sekere gemeenskappe wil aanwakker.


Kontaknommer: 074 166 5540

 


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!