Provinsiale begroting van Limpopo nie in voeling met ekonomiese uitdagings nie

2020-03-10
Marcelle Maritz

Die provinsiale begroting van Limpopo is nie in voeling met die ekonomiese uitdagings van die provinsie nie veral gesien in die lig van die tegniese resessie waarin Suid-Afrika tans verkeer en die uitdagings wat die wêreld-ekonomie in die gesig staar.

Die VF Plus is bekommerd oor die ekonomiese groei van die provinsie teen die agtergrond van die lae ekonomiese vooruitsigte van 0,4% wat voorspel word vir die land.

Die provinsiale regering slaag nie daarin om voldoende aandag te gee aan die stimulering van die provinsiale ekonomie deur werkskepping en die bevordering van entrepreneurskap nie. Daar word eerder meer bestee aan sosiale toelaes en laekostebehuising wat geen oplossing bied om werk te skep nie.

Die VF Plus is verder bekommerd daaroor dat die fondse wat aan die onderskeie provinsiale departemente toegeken is in die begroting, nie die gewenste uitwerking sal hê nie weens voortgesette korrupsie, tenderbedrog en onbevoegde amptenare.

Die inwoners van die provinsie kan nie uitsien na enige ekonomiese verligting en/of vooruitsigte nie.


Kontaknommer: 066 024 4623

 

MarcelleMaritzLimpopoBegroting

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!