fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Pretoria brand – VF Plus vra optrede

Die VF Plus in Pretoria het hom ten sterkste uitgespreek teen die gewelddadige protesoptogte wat tans in Pretoria se middestad woed. Die protesoptrede volg nadat ‘n taxi-bestuurder (Jabu Baloi) gister doodgeskiet is, glo tydens ‘n onderonsie met dwelhandelaars in Bloedstraat in Pretoria-sentraal.

Taxi’s blokkeer verskeie strate, winkels word geplunder en grootskaalse beskadiging van eiendom vind plaas.

Die dood van Baloi word ten sterkste veroordeel. Sy moordenaars moet tot verantwoording geroep word. Dit is egter geen rede vir ander taxi-bestuurders om oor te gaan tot misdaad uit protes oor sy dood nie.

Die VF Plus sal saam met die Tshwane-metropolisie en die stad werk om die nodige bewyse in te samel om strafregtelike klagte aanhangig te maak teen dié wat hulle skuldig maak aan gewelddadige en onwettige optrede.

Die protesoptog volg skaars ‘n maand na ‘n ander gewelddadige optog waarin etlike miljoene rand se skade aan eiendom aangerig is deur stakende munisipale werkers.

Die VF Plus eis ferm optrede teen misdadige elemente tydens protesoptredes en hoop dit baan die weg om toekomstige gewelddadige optogte te demp.

Kontaknommer: 072 815 4053

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.