Pres. Ramaphosa se hernieude oproep om swart ekonomiese bemagtiging dui op gebrek aan politieke kapitaal

2022-07-21
Jaco Mulder

President Ramaphosa se hernieude oproep om te volhard met breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BSEB) as kernmeganisme vir ekonomiese transformasie, ontbreek aan politieke kapitaal en bevestig die blaamverskuiwingspolitiek wat kenmerkend geraak het van 'n kwynende ANC-regering.

Ramaphosa het Woensdag tydens sy openingstoespraak vir die kongres van swart nyweraars en uitvoerders in Sandton, onder meer gesê dat wetgewing gewysig moet word om voorkeurverkryging deur die regering te bevorder tot voordeel van swart entrepreneurs.

Ramaphosa se toespraak is deurtrek van blaamverskuiwing en ontken die verwoestende nagevolge van 28 jaar onder 'n swak ANC-regering wat die land se ekonomie onder staatskaping, die bankrotskap van semi-staat instellings soos Eskom en die ineenstorting van munisipale dienslewering laat steier en werkloosheid laat hoogty vier.

Volhoubare ekonomiese groei en bemagtiging kan slegs plaasvind wanneer daar beleggingsvertroue in die land is en tenders en aanstellings op meriete plaasvind.

Herverdeling van rykdom bevorder die herverdeling van armoede.

Die VF Plus beywer hom vir 'n veelparty-koalisieregering ná die 2024-verkiesing vry van die ANC se korrupsie en blaamverskuiwing.

Suid-Afrika verdien beter as die ANC.

JacoMulderPresidentRamaphosaSwartEkonomieseBemagtiging

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!