fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Plastic City’ in Brakpan is menslike- en omgewingskatastrofe wat ontstaan het onder ANC-beheer

Die VF Plus het op 8 Junie ‘n ondersoek ter plaatse by die informele nedersetting genaamd ‘Plastic City’ in Brakpan uitgevoer en het eerstehands gesien hoe ‘n vermydelike menslike- en omgewingskatastrofe ontstaan het weens die argelose wyse waarop die ANC tydens sy beheer oor die Ekurhuleni-metro die kwessie bestuur het.

Die VF Plus het besluit om die kwessie aan te spreek in samewerking met die gemeenskap en AfriForum se Brakpan-tak.

‘Plastic City’ het as informele nedersetting vanaf 2008 begin ontwikkel op grond wat aan die Ekurhuleni-metro behoort en is reg langs die Brakpan-vullisterrein geleë.

Die toestande waarin die mense woon, is haglik en die omstandighede het ook ‘n wesenlike effek op die aangrensende buurt, Anzac, met sy uitgebreide woongebied en ondernemings.

Die lugbesoedeling van ‘Plastic City’ deur die brand van plastiek en bande raak selfs Brakpan-Noord en -sentraal.

Die VF Plus het die oorsigbesoek gedoen op uitnodiging van die AfriForum Brakpan-tak.

Die VF Plus se afvaardiging het bestaan uit een van die plaaslike raadslede, Adriaan van Zyl en die party se nasionale voorsitter en Gautengse wetgewerlid, adv. Anton Alberts.

Die ‘Plastic City’-gemeenskap bestaan grotendeels uit onwettige immigrante. Die gemeenskap se bestaan sentreer enersyds uit die bymekaar maak van plastiek en voertuigbande uit die vullishoop en ander bronne vir verkope aan herwinningsbesighede en andersyds uit die onwettige myn van goud vanuit ‘n naby geslote myn deur Zama-Zamas.

Die myn-aktiwiteite het sinkgate laat ontstaan op die provinsiale pad wat Brakpan met Benoni verbind. ‘n Deel van die pad is reeds gesluit.

Gevolglik moet motoriste ‘n gevaarlike ompad neem wat deur ‘Plastic City’ loop.

Ander endemiese probleme is onwettige kragverbindings, die afsluit van waterpype om water te steel wat onder meer veroorsaak het dat die brandweer nie ‘n brandende huis in Anzac kon red nie asook ‘n drastiese toename in misdaad wat nadelig is vir die plaaslike ekonomie.

Die VF Plus vind dit skandelik dat die vorige ANC-regering in Ekurhuleni toegelaat het dat hierdie probleem ontstaan.

Die VF Plus sal as koalisievennoot in die Ekurhuleni-metro toesien dat hierdie kwessie aandag geniet op alle regeringsvlakke indien nodig.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.