Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Parlementêre begrotingsdebat: Water en sanitasie – Water: Tree nou op om ramp te voorkom

Water is Suid-Afrika se lewensbloed. Dit mag nie nog ‘n Eskom-fiasko raak nie en moet daarom onverwyld die hoogste aandag geniet. Planne alleen gaan nie help nie. Daar moet daadwerklik opgetree word in die belang van Suid-Afrika en sy mense om water te berg en te bewaar.

Suid-Afrika is een van die dertig droogste lande ter wêreld. Om hierdie rede rus daar ‘n groot verantwoordelikheid op die regering om volhoudend in die land se waterbehoefte te voorsien. Meer so in afgeleë gebede waar water baie skaars is.

In 1970 was Suid-Afrika se bevolking 23 miljoen. Volgens die laaste nasionale sensus was dit 55 miljoen. Tussen 1960 en 1979 is veertien damme in die land gebou. In die dekade daarna nog dertien. Dit is 27 damme in twintig jaar. Elkeen daarvan ‘n blywende en nasionale monument vir elke mens in die land. Wat is die ANC-regering se prestasie in dié verband oor die laaste 25 jaar?

Water staan gelyk aan werkskepping, veral op die platteland. In die Gamtoos was die Kougadam die afgelope jaar 6% vol. Die droogte het daartoe gelei dat 6 600 mense hul werk verloor het. Dit raak egter veel meer. Dit beteken sowat 6 600 huishoudings was sonder ‘n inkomste. Sonder kos. Dit is tragies.

Die Langkloof wat deel is van die opvangsgebied vir die Kougadam het ook gelei onder waterbeperkings. Daar gee minder as tagtig boere werk aan sestienduisend mense. Alles danksy water. Sonder water kan daar nie geboer word nie en is daar nie werk nie. Die ANC-regering besef dit blykbaar nie.

In 2011 het boere die regering versoek om die Kougadam se wal met twee meter te verhoog. Tot op hede het daar niks van gekom nie. Meer damme moet gebou word. Voorheen is daar selfs gebruik gemaak van gevangenes om die werk te doen. In ander gevalle kan water herlei word vanaf hoofbronne waar water wel beskikbaar is.

Suid-Afrika se infrastruktuur is chaoties. Groot waterverlies vind plaas weens lekkende en stukkende waterpype. Indien die situasie toegelaat word om voort te gaan sonder ingryping, stuur die land op ‘n ongekende waterramp af. Die tyd vir praat is verby. Daar moet nou opgetree word.

Kontaknommer: 072 428 6103

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.