Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Parlementêre begrotingsdebat: Omgewingsake – Die erns van die klimaatkrisis mag nie geringgeskat word nie

Wat is vir mense belangrik? Of belangrik genoeg dat hulle daarvoor sal betaal? Dit is ‘n vraag wat die omgewing raak, want alhoewel almal meen omgewingsake is belangrik, is daar ongelukkig min wat dit met dade sal bewys of sal betaal vir die behoud daarvan.

Wat Suid-Afrika aanbetref, is dit van die allergrootste belang dat die departement van omgewingsake sy begroting van R7,5 miljard oordeelkundig moet aanwend en dat die regering ernstig moet raak oor die omgewing. Dit is tans nie die geval nie en die regering skep die indruk dat hy ongeërg staan teen onder meer die besoedeling van die land se waterbronne.

Uiteindelik sal die mens nie die aarde vernietig nie. Hy sal dit onbewoonbaar maak en homself sodoende vernietig.

Terwyl ’n klimaatskrisis soos ’n trein op die mensdom afstuur en alhoewel hy weet wat om daaraan te doen, word dit nie gedoen nie. Daar behoort na elke verbruikerstelsel en kapitaaluitgawe gekyk te word oor die omgewingskoste daaraan verbonde. Sou gewone burgers dit doen, is ’n departement soos omgewingsake nie nodig nie en is daar R7,5 miljard om aan ander dinge te bestee.

Omgewingsbewaring kan volgens die vier elemente benader word: Aarde, Lug, Vuur en Water. Daar kan op die volgende wyse hierna gekyk word:

• Wat is die uitwerking van ’n bepaalde aksie op die grond? Bevorder dit vrugbaarheid? Of word die grond vergiftig, geërodeer of gewoon uit gebruik gestel?
• Wat word tot die atmosfeer toegevoeg of daaruit verwyder? Koolsuurgas is die belangrikste kweekhuisgas. Bind hierdie aksie koolsuurgas, of stel dit koolsuurgas vry? Daar is ook giftige gasse waaroor dieselfde gevra kan word.
• Word onnodige energie gebruik? Energie afkomstig van steenkool en ru-olie is die belangrikste bronne van kweekhuisgasse.
• Word water deur hierdie aksie gehelp om in die grond in te trek, of dra dit by tot fratsvloede gevolg deur droogtes? Help dit om water te suiwer of te besoedel?

Die regering sal sy sokkies met betrekking tot omgewingsake moet optrek aangesien hy nie ‘n goeie rekord in dié verband het nie. In dieselfde asem wil die party alle landsburgers vra om nie te dink bewaring is net die staat se verantwoordelikheid nie, maar self aksie te neem.

Kontaknommer: 074 166 5540

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.