OVK gee toe aan versoek van VF Plus om stemure in Kuruman te verleng

2019-09-06
Dr. Wynand Boshoff

Die VF Plus het in Kuruman, met die spesiale behoeftes van mynwerkers wat lang skofte werk, daarin geslaag om stemure te laat verleng. 

Die praktyk met munisipale tussenverkiesings is dat stempunte in die aand slegs tot 19:00 oop is; anders as algemene verkiesings wanneer stembusse om 21:00 sluit.

Op versoek van die VF Plus-kandidaat, mnr. Billy Markram, het die Verkiesingskomissie ingestem om stembusse tot 21:00 oop te hou.

Die VF Plus gee graag erkenning aan die OVK vir die bereidwilligheid om die ekstra myl te loop om dit vir kiesers moontlik te maak om te stem.

Talle inwoners van Kuruman werk in myne in die Kalahari wat ver van Kuruman geleë is en is normaalweg moeg na 'n lang dag se werk. Hierdie stap maak dit vir hulle makliker om hulle stemreg uit te oefen.

Met hierdie moeite wat die OVK doen, moedig die VF Plus kiesers aan om in groot getalle te gaan stem. Dit gee hulle die geleentheid om vir goeie dienste en teen swak munisipale bestuur, ondoeltreffende Swart Ekonomiese Bemagtiging en Onteiening Sonder Vergoeding te stem.

 

NOORDKAAPDrWynandBoshoff

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!