Openbare Beskermer (OB) is ‘n verleentheid vir Suid-Afrika en moet bedank

2019-08-08
Dr Pieter Groenewald

Vandag se soveelste uitspraak teen die Openbare Beskermer (OB), Busisiwe Mkhwebane, ten gunste van pres. Cyril Ramaphosa, wys opnuut dat sy totaal onbevoeg is vir haar werk en dat sy nou ʼn verleentheid vir Suid-Afrika geword het.

Die OB is juis daar om die publiek te beskerm teen die misbruik van hul belastinggeld, maar met die een hofsaak ná die ander wat die OB met koste verloor, word sy nou self een van die groot vermorsers van belastinggeld.

Die regter se uitsprake dat Mkhwebane se optrede met die saak die verstand die bowe gaan, reflekteer op haar totale onbevoegdheid en onbekwaamheid en maak dit duidelik dat sy nie eenvoudige regsbeginsels en prosedures verstaan nie

Indien Mkhwebane enigsins nog haar eer, en dié van die kantoor van die OB wil red, moet sy die regte ding doen en bedank.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!