Oop kragverbindings hou gevaar in vir publiek

2019-02-11
Kobus Hoffman

Die Sedibeng-distriksmunisipaliteit bestaande uit Midvaal, Lesedi en Emfuleni, steier onder swak finansiële bestuur en word verder gekniehalter deur ongekwalifiseerde amptenare.

Die VF Plus spreek sy ernstige kommer uit oor die talle oop elektrisiteitverbindings in die gebied asook die groot agterstand van elektriese infrastruktuur-instandhouding wat ‘n gevaar inhou vir inwoners en die algemene publiek.

Die streek is letterlik deurtrek van oop elektrisiteit- en kaal kabelverbindings en die VF Plus versoek die publiek om uiters waaksaam te wees. Die VF Plus doen ook ‘n beroep op die munisipaliteite en hul inspekteurs om dringend aandag hieraan te gee.

Kontaknommer: 071 640 7283

 


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!