Ondernemings in Kemptonpark open sake van intimidasie nadat EFF-lede hul dreig

2023-03-22
Jean Kriek

Agt klein- en groothandelsake in Kemptonpark het verlede Vrydag en Saterdag sake van intimidasie by die polisie aanhangig gemaak nadat EFF-lede hulle gedreig het.

Die VF Plus het verlede week ‘n boodskap op sosiale media gedeel waarin ondernemings en inwoners wat voor en op 20 Maart deur politieke partye gedreig word, aangemoedig is om ʼn klag by hul naaste polisiekantoor aanhangig te maak.

Nadat die intimidasie bekend geword het, het die VF Plus beëdigde verklaringsdokumente by die ondernemings gaan afgee in 'n poging om hulle te help om klagte in te dien.

Eienaars het aan die party bevestig dat hulle doodsdreigemente as ernstig beskou, maar nie aan die EFF se eise sal toegee nie.

Hulle ondernemings se deure was oop op 20 Maart. Geen voorvalle is dié dag aangemeld nie.

Hierdie optrede is ʼn bewys dat sake-eienaars nie sal toegee aan belaglike eise nie en ernstig is om die ekonomie te help bou.

Intimidasie is ʼn ernstige oortreding en iemand wat daaraan skuldig bevind word, kan ʼn boete van tot R40 000 opgelê word, asook tronkstraf van ‘n maksimum van tien jaar of beide.

JeanKriek

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!