Nog ‘n Suid-Afrikaner sterf op ‘n plaas in Mpumalanga

2019-10-29
Mnr. Werner Weber

Die VF Plus wil hiermee sy innige meegevoel betuig met die naasbestaandes van mnr. David Wade wat op ʼn avontuurplaas naby Waterval-Boven in Mpumalanga vermoor is.

Die party het hom onlangs uitgespreek teen die onaanvaarbaar hoë misdaadsyfer in Mpumalanga en dit is jammer dat die oorledene deel van die statistiek geword het juis terwyl hy probeer help het om ‘n poging tot roof op ‘n avontuurplaas te verhinder.

Mnr. Wade was ‘n rotsklimmer en was afkomstig van Benoni waar hy gewoon en gewerk het. Hy het dapper probeer om die sekuriteitswagte wat geslaan en vasgebind is, by te staan. Hy is in die proses raakgeskiet en het met sy lewe vir sy dapper optrede betaal.

Die VF Plus sal aanhou veg om die regering te dwing om op te tree teen misdaad in die provinsie en elders in die land en sal die polisie op enige wyse moontlik bystaan om die skuldiges aan te keer. Elke moord in die land is een te veel.


Kontaknommer: 084 652 9164

PlaasmoordeWernerWeberMpumalanga

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!