Nog ʼn plaasaanval: Limpopo nou ʼn teiken

2022-09-22
Marcelle Maritz

Nóg ʼn plaasaanval in Limpopo laat die rooi ligte flikker en alles dui daarop dat dié provinsie nou ’n teiken word vir plaasaanvallers.

’n Bejaarde-egpaar is oorval en aangerand in hul plaaswoning tussen Musina en die Venetia-myn in die Vhembe-distrik.

Die VF Plus spreek sy dank uit teenoor die mediese personeel van die Venetia-myn wat op die toneel was en hulp aan die egpaar verleen het.

Na verneem word, is albei stabiel. Die vrou is klaarblyklik die ernstigste beseer in die aanval.

Die egpaar sal vandag per ambulans na ’n hospitaal in Pietersburg (Polokwane) gebring word vir verdere behandeling.

Die VF Plus sal die familie ondersteun in hierdie moeilike tyd.

Dit is duidelik dat die ANC-regering nie oor die politieke wil beskik om hierdie soort misdaad tot prioriteitsmisdaad te verklaar nie.

Die VF Plus doen ’n hernude beroep op gemeenskappe in Limpopo om betrokke te raak by hul plaaslike veiligheidsstrukture en om die party se provinsiale kantoor te skakel om hiermee te help by 015-590 7033.

MarcelleMaritzLimpopoPlaasaanvalMusinaVhembe-distrik

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!