Muvhango-ster: Geen verskoning vir aanranding van ‘n vrou

2019-08-26
Kobus Hoffman

Die voorval waarin ʼn manlike ster van die TV-reeks Muvhango ʼn vrou glo aangerand het in ʼn voorval van beweerde padwoede, plaas opnuut die fokus op Vrouemaand en die mishandeling van vroue.

Die beskuldigde, Dingaan Mokebe wat me. Chaan Botha na bewering op 6 Augustus vandeesmaand aangerand het, voer nou aan dat sy hom die “k”-woord genoem het. Sy ontken dit. Ongeag of dit gebeur het of nie was Mokebe se beweerde optrede steeds totaal wederregtelik en onaanvaarbaar.

Die VF Plus is ook bekommerd oor die polisie-ondersoek tot dusver. Daar is tot op datum glo nog nie foto’s of ander bewyse ingesamel om voor die hof te plaas nie. ʼn Onvolledige ondersoek kan vervolging laat skipbreuk ly.

Die VF Plus sal ‘n skrywe rig aan die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, me. Faith Mazibuko, sowel as aan die speaker van die provinsiale wetgewer om daarop aan te dring dat die saak behoorlik ondersoek word.


Kontaknommers: 071 640 7283 / 066 010 1066

 


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!