Moord by ANC tussenverkiesing-vergadering in Rust-ter-Vaal

2020-02-20
Christo Smith

Dit is onrusbarend dat politieke vergaderings waar die ANC betrokke is, nou lewensgevaarlik vir hul kiesers word. ‘n Vrou van 31 is gisteraand doodgeskiet tydens ‘n tussenverkiesing-vergadering van die ANC in die Rust-ter-Vaal-gemeenskapsaal buite Vereeniging.

Die ligte het tydens die vergadering, wat deur kiesers en kandidate in die gemeenskap bygewoon is, skielik afgegaan waarna die mense na buite beweeg het. Sowat agt skote is in die donker afgevuur en ‘n ma van twee kinders is in die agterkop getref.

Die tussenverkiesing-vergadering is gereël ter voorbereiding van die tussenverkiesing in Wyk 16 op 18 Maart.

Die VF Plus spreek sy simpatie uit teenoor die slagoffer se familie en naasbestaandes en doen ‘n beroep op die polisie om die skuldiges op te spoor.

Kiesers het die reg tot vrye beweging en om verkiesingsvergaderings by te woon sonder om leed aangedoen te word.


Kontaknommer: 083 263 9590

ANCTussenverkiesingChristoSmithVereenigingRustTerVaal

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!