Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Moenie die Afrikaner se vriendelikheid en ordentlikheid as ‘n gebaar van swakheid vertolk nie

Julius Malema se onlangse uitsprake oor wit mense is rassistiese haatspraak, en hy moet nie die vriendelikheid van die Afrikaner verkeerdelik as swakheid vertolk nie, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald het vandag in ‘n parlementêre mosie gesê dit is uiters onverantwoordelik van ‘n parlementslid, die leier van die EFF Julius Malema, om opruiende uitlatings teenoor wit mense te maak.

“Wat hy gesê het, is rassisties, en is totaal onaanvaarbaar. Ek wil aan hom sê hy moet nie die ordentlikheid en die vriendelikheid van die Afrikaner verkeerdelik vertolk as swakheid nie. Hy sê die poppe sal dans as hy die president word. Hy moet hoop die poppe begin nie wel eendag dans nie.

“Hy onderskat duidelik die Afrikaner. Dit is totaal onaanvaarbaar vir ‘n parlementslid om hierdie haatspraak buite die parlement te verkondig. Dit jaag emosies op en skep die potensiaal vir konflik.

“’n Onlangse peiling het aangetoon dat sowat 73% van alle Suid-Afrikaners ongelukkig is met die politieke situasie in die land. Dit is verstaanbaar in ag genome die optrede van die land se president en ministers.

“Ongelukkig het dit ook mode geword om die Afrikaner en die wit mense van die land uit te sonder as die sondebokke vir al die land se probleme. Dit moet stopgesit word,” sê dr. Groenewald.

‘n ANC-minister het op dr. Groenewald se mosie gereageer deur te erken dat opruiende uitsprake verkeerd is en het ‘n beroep op alles Suid-Afrikaners gedoen om hulle daarvan te weerhou.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.