Minister erken staatskaping en korrupsie het ekonomie verswak

2020-06-23
Jaco Mulder

Staatskaping en korrupsie het ʼn groot rol gespeel in die verswakking van Suid-Afrika se ekonomie en sy ekonomiese vooruitsigte. Hierdie erkenning is vandag gemaak deur die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, in antwoord op ʼn vraag van die VF Plus oor die aangeleentheid.

Die minister is gevra of hy sal erken dat staatskaping en korrupsie tot ʼn groot mate bygedra het tot die land se afgradering as beleggingsbestemming deur die wêreld se voorste krediet-graderingsagentskappe.

Dit het ʼn sterk nadelige uitwerking op die land se handel en nywerheid gehad selfs voor die invloed en uitwerking van die Covid-19-pandemie en het die land se ekonomie weerloos gelaat teen die uitwerking van ʼn ingrypende ramp soos die pandemie.

Die minister het bevestigend geantwoord en het gesê staatskaping en korrupsie, tesame met ander aspekte soos die lae vlakke van plaaslike vervaardiging, het die land se ekonomie in ʼn moeilike en verswakte toestand gelaat.


Navrae: 082 466 3786

JacoMulderHandelEnNywerheid#Covid19SouthAfricaStaatskaping

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!