Mbombela pomp doelbewus riool in internasionaal-bekende rivier en bestemmings

2020-09-04
Die Redaksie

Die Hazyview-tak van die VF Plus het besluit om klagte by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) aanhangig te maak teen die Mbombela-plaaslike munisipaliteit wat rioolwater in 'n sytak van die Sabierivier pomp.

Hierdie sytak vloei deur 'n internasionale toeristebestemming en ’n gholfbaan. Vir die tweede keer binne vyf dae is daar beeldmateriaal van die munisipaliteit wat toon hoe rioolwater roekeloos in natuurlike hulpbronne gepomp word.

Daar is 'n konstante stroom rioolwater wat in hierdie sytak vloei, en sodoende word boorgate op naburige plase, wat water vir huishoudelike gebruik voorsien, gekontamineer.' n Boer wie se boorgat so besoedel is, moes watertoetse laat doen nadat sy kinders onverklaarbaar siek geword het. Die toetsuitslae bevestig nou dat die boorgatwater, wat eens skoon was, nie meer geskik is vir menslike gebruik nie.

‘n Klag is op 29 Augustus 2020 by senior bestuurder in die Mbombela-munisipaliteit ingedien oor die groot hoeveelhede riool wat in die rivier gestort word, maar dié klag is eenvoudig geïgnoreer.

Beeldmateriaal wat in besit van die VF Plus is, toon hoe werknemers vandag weer rioolwater in die sytak pomp. Dit is absoluut onverantwoordelik en hierdie gebrek aan respek vir die omgewing is onaanvaarbaar.

Die VF Plus beskou die aangeleentheid as dringend en sal alles in die stryd werp om die skuldiges aan die pen te laat ry - selfs al beteken dit strafregtelike klagte teen senior amptenare wie se verantwoordelikheid dit is om toe te sien dat die Nasionale Waterwet toegepas word.


Navrae: 083 444 6358 / 076 687 2830

ChristoPeyperRioolbesoedelingMbombelaHazyviewSabieRivier

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!