Marknavorsing wys groeiende steun vir onafhanklike Wes-Kaap

2021-08-12
Dr Corné Mulder

Navorsing van die internasionale marknavorsingsmaatskappy Victory Research wat vandag bekend gemaak is, toon ʼn duidelike toename in steun vir ʼn onafhanklike Wes-Kaap en dat die meeste Wes-Kapenaars nou ten gunste daarvan is.

Die VF Plus in die Wes-Kaap verwelkom die uitslag van dié meningspeiling. Dit toon dat die groei ter ondersteuning van ʼn referendum oor onafhanklikheid beduidend toegeneem met ʼn sterk 11.4% sedert ʼn soortgelyke vorige peiling wat in 2020 gedoen is.

Dit beteken voorts dat 58% van die inwoners in die Wes-Kaap nou ten gunste van ʼn referendum is.

Hierdie uitslag maak dit baie duidelik dat die aandrang om selfbeskikking en vryheid vir die Wes-Kaap ʼn al hoe sterker groeiende werklikheid word. Die VF Plus sal van sy kant alles in die stryd werp om op politieke gebied die leiding te neem om hierdie ideaal te verwesenlik.



 

DrCornéMulderWesKaapSelfbeskikkingOnafhanklikheid

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!