Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Lesufi erken Afrikaans as ‘n Afrika-taal, maar het geen plan om Afrikaans in skole te beskerm nie

Die VF Plus het tydens 'n vrae en antwoordsessie in die Gautengse wetgewer die LUR vir onderwys, mnr Panyaza Lesufi, gekonfronteer oor hoe Afrikaans in skole beskerm sal word. Die LUR het aangedui dat amptelike tale in alle skole onderrig behoort te word deur die allokasie van taalblokke. Hy het ook erken dat Afrikaans 'n Afrika-taal is en gelyke regte met ander tale het.

Die VF Plus het in reaksie dit gestel dat die party alle inheemse tale respekteer en dat moedertaalonderrig in enige van die amptelike tale moontlik moet wees. Die probleem in die praktyk is egter dat parallel-medium en multi-talige skole uiteindelik swig onder die druk van Engels as die dominante taal en die Afrika-taalskole uiteindelik verengels.

Die VF Plus het derhalwe die LUR gevra hoe hy inheemse tale en spesifiek Afrikaans gaan beskerm in die konteks van sy beplande model.

Die LUR het bloot in sy antwoord aangedui dat alle tale beskerm moet word. Hy kon geen aanduiding gee van meganismes wat 'n nie-dominante taal sal beskerm nie.

Lesufi het ook aanvanklik opmerkings gemaak oor die verlede en Afrikaans subtiel probeer kontekstualiseer as 'n apartheids-taal en die VF Plus probeer verf as 'n anti-swart party.

Dit is egter nie waar nie en die party het die LUR gerepudieer deur die stelling dat die VF Plus alle inheemse tale steun. Die LUR het verbaas gereageer en gemeld dat hy dit as positief ervaar.

Die VF Plus sal die LUR se stelling rakende Afrikatale-onderrig as vertrekpunt neem om sy eie voorstelle in te dien oor hoe moedertaalonderrig kan geskied sonder dat enige taal bedreig word.

Kontaknommer: 082 391 3117

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.