Ladingbesnoeiing teenoor beurtkrag: Skade bly dieselfde

2020-08-12
Dr. Wynand Boshoff

In die afwesigheid van beurtkrag, maak Eskom deesdae elke dag gebiede bekend waar kragtoevoer weens "ladingbesnoeiing" (load reduction) vir 'n deel van die dag opgeskort word. Die praktyk dat betalende kragverbruikers daagliks sonder krag is, is skadelik vir ekonomiese groei, terwyl dit ook gevaarlik en ongerieflik is. Vanuit 'n reguleringsoogpunt behoort instansies wat daarvoor verantwoordelik is, gedwing word om dringend op te tree.

Die verskil tussen die twee, is wat die oorsaak van die onderbreking is. Met beurtkrag is dit Eskom se onvermoë om aan die kragaanvraag te voldoen, maar met ladingbesnoeiing is dit verspreidingsnetwerke wat gebrekkig is.

Die kern van die probleem is dat betalende kragverbruikers dikwels aan die kortste ent trek wanneer kragverskaffing opgeskort word. Dit lei nie net tot ongerief nie, maar ook verlaagde ekonomiese aktiwiteit, te midde van negatiewe groei en werksverliese wat die land teister.

Die VF Plus wil hierdie kwessie opneem met die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa), wie se taak dit is om kragverbruikers en -leweransiers te beskerm en te dwing om hul verpligtinge na te kom.

Nie een van die twee funksies word tans doeltreffend vervul nie.


Navrae: ‪074 166 5540

 

 

DrWynandBoshoffEskomLadingbesnoeiingLoadReduction

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!