Krugersdorp en omgewing in waterkrisis weens wanbestuur

2020-01-30
Me. Amanda de Lange

Terwyl die hele Gauteng groot watertekorte ondervind, is Krugersdorp en omliggende dorpe wat as die grootste watervermorsers in die provinsie gereken word, in 'n waterkrisis gedompel weens jarelange wanbestuur.

Die Mogale City-plaaslike munisipaliteit kry sedert 2016 elke jaar 'n ongekwalifiseerde oudit van die Ouditeur-Generaal (OG) deels weens buitensporige watervermorsing. Die verliese beloop etlike miljoene rand aangesien Rand Water as diensverskaffer steeds vir die vermorste water betaal moet word.

Tegniese spanne is deurgaans besig om gebarste waterpype te herstel terwyl ontevrede inwoners sit en wag vir dienste waarvoor hulle duur betaal.

Elke week is sekere gebiede in die dorp sonder water - ล‰ tendens wat dae lank duur en inwoners se lewensstyl en gesindheid negatief beïnvloed.

Sake-ondernemings se bedrywighede word gekniehalter deur die waterkrisis. Baie ondernemings word gedwing om hul deure te sluit aangesien dit nie meer ekonomies haalbaar is om tussen beurtkrag en knaende watertekorte te oorleef nie.

Die miljoene rand se verliese aan bedryfskostes van die munisipaliteit het tot gevolg dat die Mogale City-munisipaliteit in 'n finansiële krisis gedompel is waarvan hy moeilik kan herstel.

Die VF Plus gaan vandeesweek die Gautengse LUR van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebohang Maile, in die wetgewer versoek om die saak te ondersoek.

ANC-amptenare en -politici moet tot verantwoording geroep word.

Kiesers het in 2021 die geleentheid om van die huidige onbevoegde regerende party in Mogale City ontslae te raak en vir ‘n party te stem wat hul belange op die hart dra.

 

Kontakbesonderhede: 071 604 9498

AmandaDeLangeKrugersdorpMogaleCityWaterkrisis

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!