fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Krisis – Nog ‘n plaasmoord

Die Vryheidsfront Plus is met afgryse vervul oor die moord op mnr. Jan Barnard van die plaas, Palmietkuil, Odendaalsrus-distrik op Donderdagaand, 19 November 2015. Tydens die voorval is Barnard se vrou ook in die heup geskiet en sy is tans in ‘n kritieke toestand.

Volgens inligting bekom, het die huis se krag afgegaan en het Barnard na buite gegaan om die kragopwekker aan te skakel. Hy is deur vier verdagtes oorval en geskiet. Barnard se vrou het uitgegaan nadat sy die skoot gehoor het en is deur die verdagtes in die huis ingedwing en geld van haar geëis.

Jan van Niekerk, provinsiale leier van die VF Plus, sê volgehoue druk sal op die regering geplaas word om plaasaanvalle as prioriteitsmisdaad te verklaar. Ook meen van Niekerk moet die doodstraf vir moordenaars, soos in dié geval, ingestel word.

Van Niekerk het sy innige meegevoel betuig teenoor die naasbestaandes van die Barnards en die hoop uitgespreek dat die verdagtes spoedig gevind en na behore vervolg sal word.

 

JAN VAN NIEKERK

(082 674 6670)

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.