Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Johannesburg-metro skop ‘n korrupte senior amptenaar uit

Die Johannesburgse metroraad het vandag tydens ‘n raadsvergadering die direkteur van korporatiewe dienste uitgeskop.

Mnr. Moaodi Khutsoane is in ‘n dissiplinêre verhoor skuldig bevind aan bedrog asook die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Hy het ook versuim om sy pligte na behore uit te voer.

Khutsoane het glo ‘n maatskappy onreëlmatig aangestel om ‘n belsentrum te installeer in die kantoor van die ombudsman. Dit het gelei tot die onreëlmatige besteding van R600 000. Om sake te vererger, het die genoemde maatskappy geen vorige ervaring van die bedryf van ‘n inbelsentrum nie.

Die ANC het hand en tand geveg teen die afdanking van Khutsoane aangesien hy een van hulle gesiene kaders is.

Die regerende koalisie het egter eenparig gestem om van Khutsoane ontslae te raak.

Die VF Plus het Khutsoane se afdanking gesteun omdat die party ‘n kampvegter is teen bedrieërs, nepotisme, korrupsie en baantjies vir boeties.

 

Kontaknommer: 082 358 3882

 

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.