Daar is ‘n sterk moontlikheid dat die Guptas se staatskaping tot in die Vrystaatse departement van gesondheid strek.
Die maatskappy Mediosa Heatlh wat ‘n kontrak van drie jaar met die departement aangegaan het om mobiele kliniekeenhede in die Vrystaat te verskaf, het bewese Gupta-bande. Daar is verskeie bewerings van ongerymdhede rondom die projek. Die eenhede kos die staat maandeliks miljoene rande vir ‘n funksie wat in elk geval deur staatsklinieke vervul word.
Die VF Plus het vrae aan die LUR vir gesondheid in die provinsie, mnr. Butana Komphela, by die Vrystaatse wetgewer ingedien aangaande die toekenning van die kontrak aan Mediosa Health, die omvang van die kontrak, die kostes daaraan verbonde, die terme en voorwaardes en of die korrekte tenderprosesse gevolg is.
Die Guptas se gif strek nie net tot die Vrede-suiwelprojek en die provinsiale departement van landbou nie en die VF Plus is verbind daartoe om die Gutpa-plaag in die Vrystaat wortel en tak uit te roei.
Kontakbesonderhede: 082 490 6663