Goed vir Suid-Afrika om deel te wees van internasionale SKA-projek, maar betrokke gemeenskappe moet in ag geneem word

2019-11-07
Dr. Wynand Boshoff

Dit is goed dat Suid-Afrika deel is van die Square Kilometer Array (SKA), een van die grootste wetenskapspsprojekte op aarde. Dit is nietemin belangrik om na die sosio-ekonomiese impak van so 'n projek ook te kyk.

In ontmoetings met die parlementêre portefeuljekomitee het die SKA erken dat kommunikasie met die gemeenskappe van Carnarvon, Williston en omstreke aanvanklik gebrekkig was. Verder is erken dat, hoewel die plaaslike ekonomieë behoort te groei, dit "nie noodwendig dieselfde mense" sal wees wat daarin aktief is nie.

Aangesien soveel verskillende lande op verskillende maniere daarby betrokke is, moet dit onder 'n multilaterale jurisdiksie staan. Daarom is die sogenaamde SKA Konvensie, met sy hoofkantoor in die Verenigde Koninkryk, vandag in die parlement gedebatteer.

Die projek sal voorheen onvoorstelbare inligting oor die heelal en die verlede daarvan insamel. Dit het 'n momentum wat bykans onkeerbaar wees.

Die VF Plus is oor die unieke gemeenskappe van hierdie dorpe bekommerd. Verder is die vraag of die Suid-Afrikaanse regering steeds as beskermer van dié gemeenskappe sal kan optree, as die SKA onder 'n internasionale jurisdiksie val.

Waaroor die parlement vandag gedebatteer het en volgende week gaan stem, is die betrokke konvensie en nie die SKA self nie.


Kontaknommer: 074 166 5540

DrWynandBoshoffSKAWetenskapTegnologie

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!