Druk van VF Plus lei tot betaling van R95 miljoen aan Eskom om Bethal se kragvoorsiening te verhoog

2020-09-15
Die Redaksie

Vanweë die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt) se wanbetaling aan Eskom en die gevolge daarvan vir die inwoners, is daar weer hoop vir Bethal aangesien 'n betaling van R95 miljoen deur die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit aan Eskom gemaak is.

Alhoewel die Govan Mbeki-munisipaliteit steeds sowat R1,7 miljard aan Eskom skuld, het die VF Plus genoeg druk toegepas om te verseker dat 'n betaling gedoen is met die spesifieke doel om te verseker dat die volle kragvermoë na Bethal / Emzinoni herstel word.

Bethal is die afgelope jaar daagliks tot agtien uur lank met beurtkrag geteister omdat die raad nie sy verpligtinge teenoor Eskom nagekom het nie. Die skade aan die ekonomie was verwoestend en die skending van menswaardigheid net so erg.

Gert Sibande het Eskom drie dae kans gegee om weer sy volle kapasiteit na Bethal te herstel.

Slegs 'n stem vir die VF Plus in die munisipale verkiesing van 2021 kan Bethal se omstandighede verander.


Navrae: 082 464 4280 / 076 687 2830

EskomDeonDeVriesBethalGovanMbekiMunisipaliteitGertSibandeDistriksmunisipaliteit

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!