Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Die geweldskultuur in Suid-Afrika moet gestuit word, sĂȘ VF Plus na nog ‘n moord in Gauteng

Die jarelange kultuur van geweld in Suid Afrika mag nooit die norm word nie en moet nou met alle mag en mening gestuit word.

In een van die jongste voorvalle van sinlose geweld is ‘n 62-jarige man voor sy motorhek in sy motor deur rowers aan die Wesrand doodgeskiet nadat hy agtervolg is van ‘n bank in Fourways waar hy geld getrek het om vir sy vrou se begrafnis te betaal.

Die sekuriteit by die ABSA Fourways-bank moet deel vorm van die polisie se ondersoek na die voorval aangesien dit wil voorkom asof die aanvallers kennis gedra het van die feit dat die oorledene ‘n groot bedrag geld getrek het.

Die VF Plus gaan ‘n dringende gesprek aanvra met die Gautengse premier, David Makura, en die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Nizakele Nkosi Malubane, en daarop aandring dat die polisie in dié provinsie se misdaadintelligensie-vermoë opgeskerp word.

Die VF Plus se nasionale leier, dr. Pieter Groenewald, en mnr. Philip van Staden, Gautengse wetgewerslid, het onlangs met Makura gepraat oor landelike veiligheid en die party verwag dringende optrede van die premier.

Die ANC regering is duidelik nie opgewasse om die veiligheid van inwoners in Gauteng te waarborg nie en behoort in die 2019-verkiesing by die stembus deur ‘n veelparty-koalisie verslaan te word.

Kontaknommers: 082 466 3786 / 062 391 1804

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.