Departement van gesondheid onderbestee met R1 miljard

2019-10-17
Philip van Staden

Die departement van gesondheid se jaarverslag vir die 2018/19-finansiële jaar toon ‘n onderbesteding van sowat R1 miljard. Hiervan is R86 miljoen onderbestee by hospitale wat duidelik op ʼn groot probleem dui.

Die VF Plus het tydens ‘n sitting van die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid aan die minister van gesondheid, dr. Zwelini Mkhize, gestel dat hierdie onderbesteding uiters kommerwekkend is. Dit is een van die redes waarom staatshospitale in die toestand verkeer waarin hulle tans is.

Die VF Plus het die minister en die departement daarop gewys dat mense hierdeur hul lewe in staatshospitale verloor en dat die departement se visie en missie, wat in kort heet “‘n Lang en Gesonde Lewe vir Alle Suid-Afrikaners”, hierdeur heeltemal vernietig word.

Die VF Plus het die hoop uitgespreek dat met die volgende vergadering die departement vorendag sal kom met ‘n dringende plan en strategie om die totale gemors wat in staatshospitale heers, uit te wis.


Kontaknommers: 060 556 4347 / 065 801 7216

 

PhilipVanStadenGesondheid

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!