Delportshoop-plaasaanval: Moenie dink jy is veilig in eie huis nie

2020-02-19
Dr. Wynand Boshoff

Die VF Plus het met skok kennis geneem van die plaasaanval op die Hattingh-egpaar van 'n plaas naby Delportshoop in die Noord-Kaap.

Die bejaarde, invalide man en sy vrou is volgens berig oorrompel deur mense wat beweer het dat hulle 'n kers wou leen. Die bejaarde dame het veilig genoeg gevoel om die veiligheidsdeur oop te los terwyl sy 'n kers gaan soek het.

Die egpaar is oorval, aangerand en besteel. Dit bevestig dat mens nêrens meer veilig moet voel nie en veral nie deure vir enige vreemdelinge moet oopmaak nie.

Selfs in die rustige Noord-Kaap word die kwesbaarheid van mense en hul vertroue in die mensdom gebruik om hulle leed aan te doen.


Kontaknommer: 074 166 5540

DrWynandBoshoffNoord-KaapPlaasaanvalDelportshoop

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!