Debat in parlement: Korona kan soos tuberkulose dodelike gevolge vir Suid-Afrikaners inhou

2020-03-13
Fanie du Toit

Tuberkulose is tans die dodelikste siekte in Suid-Afrika. Die koronavirus kan vinnig sy mededinger word.

Luidens statistiek van die Wêreld-gesondheidsorganisasie (WGO) het 63 000 mense in 2018 weens tuberkulose in Suid-Afrika gesterf en dat dit sowat 301 000 mense se gesondheid geraak het.

Die VF Plus meen hierdie ramings is konserwatief bereken en dat die regte getal waarskynlik tussen 215 000 en 400 000 is. Suid-Afrika het meer as 880 nuwe infeksies per dag.

Dit is die land se grootse oorsaak van sterftes en word vererger deur die MIV-epidemie met 7,4 miljoen mense wat die MIV-infeksie opgedoen het. In die lig hiervan is dit duidelik dat korona verwoesting kan saai in Suid-Afrika.

Indien die regering nie in staat is om die stryd teen geneeslike tuberkulose te wen nie, kan die vraag gevra word hoe Suid-Afrikaners teen die koronavirus beskerm gaan word.

 

Medisyne moet te alle tye beskikbaar wees. ‘n Verslag van die Treatment Action Campaign dui daarop dat die land se openbare gesondheidstelsel so wanfunksioneel is dat dit die implementering van MIV- en tuberkulose-programme in die wiele ry.

Die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gaan ‘n ramp wees. Hospitale en klinieke het verval en is tans nie eens in staat om voldoende sorg aan tuberkulose-pasiënte te gee nie. Die VF Plus is daarteen gekant, aangesien daar nie in hierdie stadium ‘n funksionele gesondheidsorg is nie.

Wat korona aanbetref moet mediese-, ondersteunings- en selfs apteekpersoneel toegerus word met die nodige beskermingstoerusting. Hulle is die voorste linie van verdediging in die oorlog teen siektes en moet te alle tye beskerm word.


Kontaknommer: 079 885 1135

 

 

 

GesondheidFanieDuToitKoronavirusTuberkulose

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!