Boere moet hulself rat vir die komende Kerstyd

2019-12-02
Jan van Niekerk

Die mees onlangse plaasaanvalle op Ventersburg en Bultfontein in die Vrystaat, beklemtoon die noodsaak vir meer effektiewe landelike beveiliging. 

Die onlangse landelike beveiligingsplan wat deur die regering bekendgestel is, moet daadwerklik geïmplementeer word en nie net by lippetaal bly nie.

Die VF Plus veroordeel alle moord en geweld in Suid-Afrika, maar geweld op die landbougemeenskap verál vanweë die weerloosheid van landelike gemeenskappe. 

Dit is betreurenswaardig dat landbouers hul moet bekommer oor hul veiligheid te midde van een van die ergste droogtes wat Suid-Afrika in jare beleef.

Die VF Plus doen ‘n beroep op boere om hulself, hul gesinne en plaaswerkers veral in die komende Kerstyd te beveilig omdat dié soort misdaad in die tydperk toeneem. Boere moet paraat wees en hulself weerbaar maak.

Die VF Plus het nog altyd erns gemaak van plaasaanvalle en beywer hom om volgehoue druk op die regering te plaas om plaasaanvalle as prioriteitsmisdaad te verklaar.  

Die VF Plus wens alle betrokkenes en hul gesinne ʼn spoedige en volkome herstel toe en sal die nodige hulp verleen om te verseker dat die skuldiges opgespoor en vervolg word sodat geregtigheid geskied.

Kontak: 083 743 2042

 

JanVanNiekerkPlaasaanvalleLandelikebeveiligingsplan

Het jy dit interessant gevind? Deel dit!