Begrotingsposdebat in Vrystaatse wetgewer oor Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (COGTA) - Dag-Zero vir diens dreig vir Vrystaatse munisipaliteite

2019-07-11
Armand Cloete

Terwyl die ANC in die Vrystaatse weier om na kritiek te luister en van die opposisie verwag om oplossings te bied, is Vrystaatse munisipaliteite in die moeilikheid. As regerende party is dit die ANC se verantwoordelikheid om oplossings vir Vrystaatse munisipaliteite te bied.

Die regerende party wil nie herinner word aan sy mislukkings in die provinsie nie, want sy planne werk eenvoudig nie.

Die ANC ignoreer die volgende:

• Die beslaglegging deur die balju op die bankrekenings van Mafube-plaaslike munisipaliteit weens wanbetaling.
• Voertuie wat vassit in Mathjabeng-plaaslike munisipaliteit in slaggate so groot soos karre.
• Die beskikbaarheid van water in Brandfort wat ‘n uitsondering eerder as ‘n reël is.
• Burgemeesters wat vra dat hulle agterstallige munisipale rekeninge afgeskryf word en deur die ANC-raad goedgekeur word.
• Mangaung-metro-munisipaliteit se oudit wat die afgelope finansiële jaar weereens verswak het. Dieselfde metro het die afgelope naweek weer vir die soveelste keer waterprobleme ondervind.

Die VF Plus bied wel oplossings, maar die ANC het nie die politieke oor om te luister na werkbare voorstelle nie.

Die provinsiale regering kan nie net ingryp by munisipaliteite nie. Suid-Afrika se Grondwet bepaal dat munisipaliteite selfstandige dienslewering-entiteite moet wees.

Tog is die ANC se leierskap in die Vrystaatse wetgewer by magte om politieke druk uit te oefen. Dit gebeur nie en Dag-Zero-diens vir Vrystaatse munisipaliteite is gevolglik vinnig op pad.

Indien die ANC nie optree teen onbevoegde en korrupte amptenare nie, sal Vrystaatse munisipaliteite nie gered kan word nie. Die ANC se beleid van ‘werk-vir-maatjies’ bly die grootste oorsaak van sukkelende munisipaliteite.

Die ANC moet sy huis in orde kry. Dan kan daar begin word om te bou aan munisipaliteite tot voordeel van alle inwoners.


Kontaknommer: 076 629 6219

 


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!