Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Begrotingsposdebat: Departement van Polisie en onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat – Regering stem in om statistiek oor plaasaanvalle met VF Plus te bespreek

Nadat die regering twee weke gelede na jarelange swye en herhaalde versoeke van die VF Plus besluit het om statistiek oor plaasmoorde uit te reik, het die minister van polisie, Bheki Cele, nou ook gesê hy is bereid om met die VF Plus gesprek te voer oor die aangeleentheid in ‘n poging om oplossings hiervoor te vind.

Dit was nadat dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, aan die minister gesê het dit is belangrik om gesprek oor plaasaanvalle te voer in ‘n poging om die statistiek te verfyn en om in besonder nader inligting te bekom oor die slagoffers van plaasaanvalle.

Dr. Groenewald het aan minister Cele gesê hy verwelkom sy besluit om syfers oor plaasmoorde wel beskikbaar te stel. Hy het gesê daar was die afgelope drie jaar ‘n toename in aanvalle, en dat dié soort misdaad net effektief bestry kan word indien daar behoorlike statistiek beskikbaar is.

Die polisie het nou vir die eerste keer gedoen wat die VF Plus al vir byna twee dekades bepleit, en dit is om ‘n kundige polisiekommissaris uit polisie-geledere aan te stel. Net so het minister Cele polisie-ervaring na ‘n paar jaar diens as kommissaris. Daar is dus nie meer ‘n verskoning om misdaad nie effektief te bestry nie.

Die VF Plus wil al die lede van die polisiediens bedank vir die harde werk wat hulle verrig om van Suid-Afrika ‘n beter plek te maak. Hulle werk hard en is pligsgetrou in soms lewensgevaarlike omstandighede om die mense van Suid-Afrika te beveilig. Danksy hul toewyding is Suid-Afrika ‘n beter plek om in te woon.

Daar moet ook spesiaal dankie gesê word aan die sowat 5 500 lede wat deel is van die polisie se openbare orde-eenheid. Hulle het volgens die polisie se parlementêre portefeuljekomitee opgetree by sowat 14 374 voorvalle van geweld en protesoptrede in die laaste jaar.

Dr. Groenewald sê hy het by die onluste in Noordwes gesien hoe dié lede lang ure werk en moeg raak terwyl hulle as versperring moet dien tussen ‘n onbevoegde regering en die mense van Suid-Afrika om die mense te beskerm.

Ek doen ‘n beroep op minister Cele om hard en duidelik met die regering te praat aangesien die openbare oproerigheid weens swak dienslewering voor die regering se deur gelê kan word. Nou moet die polisie die gevolge van ‘n swak regering hanteer.

Die VF Plus is sedert 1999 op rekord oor sy uitspraak dat die polisiekommissaris nie ‘n politieke aanstelling kan wees nie. Dit moet ‘n ervare, kundige persoon uit die geledere van die polisie wees. Die polisie het dit nou. Genl. Khehla Sitole is ervare, kundig, en hy het andere kundige lede om hom aangestel.

Dit is ‘n skande om te hoor hoe ‘n adjudant-offisier van ‘n elite-eenheid soos die Valke in hegtenis geneem word en dit blyk dat hy die meesterbrein is agter transito- en ander rooftogte. Hierdie soort kanker besoedel ook die lede wat harde werk doen en dit kan nie toegelaat word nie.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.