Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

ANC-regering wil met beoogde Wet op Regspraktisyns ‘n houvas kry op die regsberoep

Die Wetsontwerp op Regspraktisyns is een van ‘n reeks wette waarmee die ANC ‘n nuwe rassegemeenskap wil skep waar die staat in totale beheer, hetsy direk of indirek, is ten koste van individuele en gemeenskaplike vryhede, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor justisie.

Hy sê die wetsontwerp het dit ten doel om ’n enkele landswye regsliggaam tot stand te bring om die bestaande prokureursordes en balierade te vervang.

Hierdeur word prokureurs en advokate se grondwetlike regte van vryheid van assosiasie, en beroep en die eiendomsregte van bestaande prokureursordes en balierade tot niet gemaak.

“Die VF Plus sien dit as ‘n kwalik verbloemde poging van die ANC om groter beheer te verkry oor die regsberoep, net soos die regsbank ook moet transformeer om die ANC gedienstig te wees.

“Die teenswoordige stelsel van regsverenigings en balierade het oor eeue goeie diens aan die publiek gelewer, nieteenstaande die hoë koste in hoër howe.

“Die VF Plus stem saam dat die koste ‘n groot faktor is wat toeganklikheid tot howe bemoeilik en dat dit behandel moet word. Dit kan egter nie gedoen word deur ‘n aanval op die regsberoep nie.

“Die regering kan eerder ‘n tipe regsversekering oorweeg om die publiek te help. Deur slegs te probeer om regslui te dwing om hul fooie te verlaag, gaan nie die gewenste uitwerking hê nie en kan slegs lei tot ‘n verlaging in die kwaliteit van diens.

“Kortweg beteken dit dat ‘n mens betaal vir die beste diens. Selfs die regering doen dit. Indien die wetsontwerp deurgevoer word, sal dit uiteindelik negatief inwerk op die regsprofessie van Suid-Afrika en sal dit tot nadeel wees van al die land se mense,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.