Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

ANC-regering moet pa staan vir skade aan toerismebedryf

(Begrotingsdebat in parlement: Toerisme)

Die belangrike rol wat die toerismebedryf speel in die ekonomie en met werkskepping, kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Daarom kan die skade wat die ANC-regering met ondeurdagte Covid-19-regulasies aan die bedryf aangerig het, ook nie oorbeklemtoon word nie.

Die toerismeminister, Lindiwe Sisulu, plooi haar woorde mooi oor die skade wat die regulasies aan dié bedryf aangerig het en hoe toerisme weer op die been gehelp gaan word.

Die minister versuim egter om te praat oor die departement se onreëlmatige besteding van R20 miljoen en korrupsie wat wyd voorgekom het met die toewysing van die hulpfondse tydens die kritieke fase van die inperking.

Daar is wel geld toegewys aan die sektor, maar korrupte amptenare het dit gesteel voordat dit uitgekom het by die mense wat dit broodnodig gehad het.

Die Apartheidsmuseum en die Fugard-teater moes hul deure sluit. Die Distrik Ses-museum het gesmeek om hulp, Johannesburg se kunsmuseum is in ’n diepe verknorsing en duisende werknemers in die bedryf is werkloos.

Dan kondig die regering met trots aan dat hy ’n vlagpaal van R22 miljoen gaan oprig. Hoe gaan dit toerisme help of die nood verlig van mense wat hul werk verloor het?

Die ANC verwys baie na “ons mense” wat gehelp en bemagtig moet word. Dit is duidelik daar word slegs na swart mense verwys.

Hierdie uitgangspunt tydens hulpverlening aan die toerismebedryf het direkte nadelige gevolge ingehou vir miljoene swart mense wat van die groter toerismesektor vir ’n inkomste afhanklik is.

Dit het klaarblyklik nooit tot die regering deurgedring nie.

Die probleem met toerisme, soos in elke ander invloedsfeer van die ANC, is dieselfde: Verkeerde prioriteite, wanbestuur, swak dienslewering, onbevoegdheid en korrupsie.

Hierdeur wys die regering ‘n totale minagting vir sy grondwetlike verpligting om ’n diens aan almal in die land te lewer. Suid-Afrika en sy mense verdien beter as die ANC.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.