ANC, DA en ander opposisie probeer kiesers mislei met jaarverslag se aanvaarding

2017-04-03
Erns Kleynhans

Na aanleiding van die jaarverslag wat voor die Motlasana-raad gedien het saam met die oorsig verslag op 31 Maart 2017, is dit duidelik dat die administrateur geen beduidende bydrae gelewer het tot die munisipaliteit nie. Die MPAC (Municipal Public Accounts Committee) wat ondersoek moet instel na die jaarverslag het bevestig dat daar steeds onreëlmatighede plaasvind en dat die ANC-leierskap voortdurend nie effektiewe en betroubare werksetiek kon aanspoor nie.

“Die VF Plus was die enigste party wat nie die jaarverslag wou aanneem sonder voorbehoude nie, soos deur die MPAC voorgestel is nie. Dit is ooglopende dat die korrektheid van die verslag nie vertrou kan word nie, waar selfs die finansiële state se totale van die 2014/2015-jaarverslag verkeerdelik aangedui is in die finansiële state van die 2015/2016-jaarverslag,” sê Erns Kleynhans, VF Plus-raadslid van Matlosana.

“Met die voorgestelde resolusie wat al die ander partye in die raad aanvaar het hou hulle voor dat die jaarverslag korrek is, dus moet die partye wat die jaarverslag aangeneem het sonder voorbehoud antwoord oor watter een van die jaarverslae korrek is, of met watter een probeer hulle die kieser mislei,” het mnr Kleynhans bygevoeg.

 


Kontaknommers: 082 645 0537 / 079 409 8342

 


Het jy dit interessant gevind? Deel dit!