fbpx
Freedom Front Plus
Freedom Front Plus

Vrystaatse regering skuld R919 miljoen aan munisipaliteite

Die ANC-regering kniehalter munisipaliteite deur toe te laat dat provinsiale regerings miljarde aan munisipaliteite skuld vir elektrisiteit- en watervoorsiening, erfbelasting en tariewe.

Die Vrystaat se provinsiale departemente is die grootste sondebokke in die land as dit kom by uitstaande skuld aan die onderskeie munisipaliteite met ‘n allemintige 25% van die totale R3.7 miljard wat deur die land se provinsies geskuld word. 

Hierdie uitstaande bedrag beloop nagenoeg R919 miljoen.

"Die Vrystaat gaan reeds gebuk onder die swakste plaaslike regering in die land met drie munisipaliteite wat gedurende die afgelope 12 maande onder administrasie geplaas is en gereelde beurtkrag-dreigemente deur Eskom oor die nie-nakoming van afbetalingsooreenkomste wat tussen munisipaliteite en die kragvoorsiener aangegaan is," sê Tammy Wessels, VF Plus LPW in die Vrystaat. 

Wessels sê Munisipaliteite en die provinsiale regering kan nie van verbruikers verwag om hul elektrisiteitsrekeninge op datum te hou as die regering self nie hul rekeninge betaal nie.

"Provinsiale regerings moet ‘n voorbeeld aan plaaslike regerings stel.

"Dit is daarom onaanvaarbaar dat sulke uitstaande bedrae deur departemente geskuld word," sê Wessels.

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Matlosana Ward 17

Chandré de bruyn YOUR CANDIDATE FOR WARD 17 11 october 2023 BY-ELECTION MATLOSANA WARD 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Service delivery is deteriorating and the DA

READ MORE

Matlosana Ward 16

LEE-ANN SCOTT YOUR CANDIDATE FOR WARD 16 11 OCTOBER 2023 BY-ELECTION WARD 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Service delivery is deteriorating and the

READ MORE

Lekwa Ward 4

Hillel Coetzer YOUR CANDIDATE FOR WARD 4 25 October 2023 BY-ELECTION WARD 4 Meyerville | TLC | Industrial On voting day, you can keep your

READ MORE
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.