fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

VF Plus vra vir vergadering oor toestand van Stilfontien (Noordwes)

Die VF Plus het ‘n dringende vergadering met die munisipale bestuurder van die Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein) Roger Nkumise,  aangevra om voorstelle te maak oor die verswakkende toestand van Stilfontein.

Die vinnige agteruitgang van Stilfontein is kommerwekkend.  Die dorp is vol slaggate en slote in die strate, gebarste waterpype wat nie herstel word nie en verwaarloosde parke en sypaadjies.

Die verwaarlosing van die infrastruktuur en gepaardgaande onderbrekings in dienste soos watertoevoer het ‘n enorme impak op die gemeenskap. 

Veral sakelui en gebou-eienaars ly onder gebrek aan dienste met voornemende en bestaande huurders wat nie kans sien om in so ‘n omgewing sake te doen nie. Gevolglik neem werksgeleenthede in Stilfontein af en is die plaaslike ekonomie toenemend onder druk.

Die gebrek aan dienste op die dorp bestaan terwyl baie basiese heffings en erfbelasting deur inwoners betaal word om infrastruktuur in Stilfontein te onderhou en te verbeter.

Die VF Plus sal aanhou om druk op Matlosana se bestuur te plaas om te verseker dat betalende inwoners die dienste ontvang waarvoor hulle betaal.

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.