Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

President moet ingryp by verswakte spesiale SOE

"President Cyril Ramaphosa moet dringend ingryp om die sukkelende Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) van ondergang te red," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van justisie.

"Tydens die voorlegging hierdie week van die eenheid se jaarverslag in die parlement deur adv. Andy Mothibi, hoof van die SO, het dit aan die lig gekom dat die eenheid, wat korrupsie oor al drie regeringsfere moet ondersoek, wankel vanweë onvoldoende befondsing.

"Die spesiale tribunaal van die SOE wat president Cyril Ramaphosa tydens sy staatsrede aangekondig het en wat moet fokus op staatskaping, word noodwendig ook hierdeur geraak. Dié tribunaal wag boonop nog dat sy werksreëls gefinaliseer word.

 
"Die staat is reeds so verswak dat hy nie in staat is om sy verpligtinge ingevolge die Suid-Afrikaanse Grondwet na te kom nie."

 

"Die werk en beoogde uitkomste van die SOE word verder belemmer deur die onvermoë van staatsdepartemente om die eenheid se wetlike verpligte aanbevelings te implementeer," sê Mulder.

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.