fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Matlosana: ANC-gewoonte om wette te verontagsaam

Die burgemeester van Matlosana (Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein), Maetu Kgaile, het nie haar wetlike verpligting nagekom deur betyds 'n munisipale begroting voor die Matlosana-raad ter tafel te lê nie.

Ingevolge die Munisipale Finansiële Bestuurswet is elke munisipaliteit verplig om sy begroting jaarliks teen einde Maart ter tafel te lê en is dit die burgemeester se verantwoordelikheid om toe te sien dat die wet  rakende begrotings nagekom word. 

Die VF Plus het ‘n skrywe aan die speaker gerig waarin gevra word dat die verontagsaming verduidelik moet word en eis voorts daadwerklike optrede om die betrokke wet na te kom in hierdie verband. Die VF Plus het verder ook klagtes ingedien teen die burgemeester weens die bevindinge in die jaarverslag.

"Skaars ‘n dag nadat die VF Plus ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester van die ANC-beheerde raad gesteun het deur te onderstreep dat dissipline in die raad en by raadslede moet begin, faal die ANC-beheerde raad en die burgemeester self die inwoners van Matlosana deur die blatante verontagsaming van wetlike bepalings," sê Erns Kleynhans, VF Plus-raadslid in Matlosana.

Kleynhans sê dit wil voorkom asof die burgemeester asook die ANC wette slegs as riglyne sien.

"Ons het juis die mosie van wantroue teen die burgemeester ondersteun weens die konstante verontagsaming van wetgewing, swak bestuur asook die swak verantwoording teenoor die gemeenskap.

Die VF Plus is van oordeel dat die huidige burgemeester die swakste burgemeester is wat Matlosana nog gehad het. Dit is kommerwekkend in ag genome die Ouditeur Generaal (OG) se verdoemende verslag met betrekking tot die Matlosana-munisipaliteit," sê Kleynhans.

 

 

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.