fbpx
Freedom Front Plus
Search
Freedom Front Plus

Johannesburg-metro skop ‘n korrupte senior amptenaar uit

Die Johannesburgse metroraad het vandag tydens ‘n raadsvergadering die direkteur van korporatiewe dienste uitgeskop.

Moaodi Khutsoane het glo ‘n maatskappy onreëlmatig aangestel om ‘n belsentrum te installeer in die kantoor van die ombudsman. Dit het gelei tot die onreëlmatige besteding van R600 000.

Die ANC het hand en tand geveg teen die afdanking van Khutsoane

 

Die regerende koalisie het egter eenparig gestem om van Khutsoane ontslae te raak."Om sake te vererger, het die genoemde maatskappy geen vorige ervaring van die bedryf van ‘n inbelsentrum nie," sê Franco de Lange, VF Plus-raadslid in Johannesburgse metroraad en lid van veelparty-regering

De Lange sê die ANC het hand en tand geveg teen die afdanking van Khutsoane aangesien hy een van hulle gesiene kaders is. 

"Die regerende koalisie het egter eenparig gestem om van Khutsoane ontslae te raak.

"Die VF Plus het Khutsoane se afdanking gesteun omdat die party ‘n kampvegter is teen bedrieërs, nepotisme, korrupsie en baantjies vir boeties," sê De Lange

SHARE THIS:

RELATED POSTS

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.